top of page
  • Facebook
  • Instagram
f14714814-2.jpg

Welkom

by Grimering deur Elria. Ek is internasionaal geakkrediteer by Kohl Makeup Academy.
Ek spesialiseer in sagter grimering vir die natuurlike bruid.

A&I-20.jpg

My filosofie

Ek glo dat elke bruid se natuurlike skoonheid beklemtoon moet word. My benadering is eenvoudig: Jy moet op jou troudag lyk en voel soos jouself – net met sagte, tydlose grimering wat jou eie styl en persoonlikheid weerspieël.

​

Ek spesialiseer in natuurlike, klassieke en elegante bruidsgrimering en -hare, wat die fokus plaas op vars, bloesende velle, sagte oë en ’n styl wat selfs jare later nog mooi en relevant sal wees. Die voorkoms van elke bruid word met sorg en aandag beplan, sodat jy met selfvertroue kan uitstap en die spesiale oomblikke ten volle kan geniet.

​

Ek besef hoe belangrik hierdie dag vir jou is – daarom skep ek ’n kalm, professionele atmosfeer waar jy kan ontspan en waar jy weet jy in goeie hande is. Jou droomvoorkoms begin hier, en ek sien uit daarna om deel van jóú unieke liefdesverhaal te wees.

Wat sê kliënte?

Bruid Lohandi

Elria het n puik werk gedoen met die trougrimering. Dit het rerig bygedra tot die mooi voel op die mooiste dag van my lewe! Ons het so lekker gekuier op die troudag en met die proeflopie. Dankie dat jy bygedra het om my spesiale dag ekstra spesiaal te laat voel.

 

Ma Amanda en Bruid Chandré

Baie dankie, Elria, dat jy Chandré se dag superspesiaal gemaak het! Deur jou harde werk met al ons dames se grimering het jy ’n groot bydrae tot ons pragtige dag gelewer. Ons waardeer jou opreg, en ons beveel jou aan vir enige dame wat jou hulp benodig. Ons waardeer jou kalmte, en alles was net pragtig. 

Bruid Christelle

Baie dankie vir al jou moeite! Jy het van dag een af gewys dat jy presies weet wat jy doen, daar was duidelike kommunikasie en die tydlyn het op die dag van die troue baie lekker gewerk vir almal. Baie dankie dat jy ons so mooi laat voel en lyk het! Ons waardeer dit vreeslik baie!

bottom of page